Featured

Die aard van abakarabakus

This is the post excerpt.

Advertisements

English to follow.

So hierdie is my blog. Ek weet nog nie hoekom ek ‘n blog het nie. Dalk gaan ek dit gebruik om resensies te doen vir reekse, boeke of rolprente. Dalk gaan ek net kla oor die lewe en alles daarin. Miskien lig ek my opinie oor die nuutste politieke skandaal, of dalk skryf ek ‘n boek of gedig hierop. Ek sal moontlik in Afrikaans of Engels skryf. Ek sal maar nog sien. Maar skryf gaan ek skryf… Want skryf is lekker en skryf is goed. Skryf is ‘n goeie ding vir my gemoed. 
So this is my blog. I don’t yet know why I have a blog. Perhaps I’ll use it to write reviews for series, books or movies. Maybe I’m just going to complain about life and everything in it. Perhaps I’ll give my opinion about the newest political scandal, or maybe I’ll use this platform to write a book or poem. I might write in English, or I might write in Afrikaans. But I’m definitely going to write, because writing is enjoyable and writing is good. Writing is where my soul gets its food…

post

A New Beginning: The Royal Rumble

So here’s the thing, I love watching professional wrestling. For those of you who aren’t sure what that term entails, it refers to a form of performing art and entertainment which combines athletics with theatrical performance. It takes the form of events, held by touring companies, which mimic a title-match combat sport. At least that’s how it’s described on Wikipedia.

Now I know what all of you are thinking; “How can you enjoy watching this? It’s fake, right? Why would you watch something that isn’t real and is predetermined?”

Well I’ve got a surprise for you… Most TV shows are also fake. Game of Thrones, CSI, Breaking Bad, even a lot of so-called reality TV is fake. So in my eyes, it’s just like any other TV series, except better, because of the sheer talent it takes to be able to do it. In the average wrestling promotion, everything is either broadcast live on TV or pay-per-view (PPV) which means everything needs to be filmed in one go. That takes an amazing amount of talent and guts to be able to do that, especially as regularly as they do.

Because of my love of both pro wrestling and writing, I’ve decided to start writing reviews of all of the major wrestling shows that I watch. As I do live in South Africa, most of my coverage will be a day or two behind, but that can’t be helped. I will however try to make up for it by explaining a lot of the mechanics of pro wrestling in layman’s terms.

I am going to start with 2 blogs about this past weekend’s PPV’s held by WWE (World Wrestling Entertainment): NXT Takeover: Phoenix and the Royal Rumble.

Please let me know what you think and whether you would like more coverage and information about pro wrestling or even entertainment in general, I’d love to hear from you.

Krag

Ek sit hier in my donker kamer, sonder krag

Die werk wag, maar ek is sonder krag

Die lewe wag, maar ek het nie meer krag

My familie verwag

Baie

Maar ek het nie meer krag

Ek wil huil, ek wil lag

Maar ek het nie meer krag

Want emosies veroorsaak verwagtinge

En verwagtinge benodig

Krag

Ek lieg vir my ouers

Ek lieg vir my vriende

Want ek het nie die krag

Om te wees wat hulle verwag

En

Dit wat ek na smag

Is net ‘n krieseltjie krag

Verlange & Verandering

Musiek.

Foto’s.

Verhale.

Gesigte.

Name.

Stemme.

Almal se teenwoordigheid gaan kom en gaan soos die jare aanstap. Jy gaan vriende verloor en verlang na daardie liefde. Jy gaan die foto sien wat jou terugvat na ‘n tyd toe jy die koning van die wêreld was, toe jy bo-op die aarde gestaan het en uitbundig en vreugdevol jou heerskappy oor die oomblik aangekondig het. 

En dan.

Dan gaan jy verlang. Verlang na ‘n lekkerder tyd, ‘n sprokiesverhaal waar jy die hoofrol vertolk het met oorgawe. 

Streef om dit weer te ervaar…

Utrecht.

Snaaks hoe mens sal terugdink aan die plekke waar jy al was. Die beste is nie noodwendig die grootste, of die mooiste, of die bekendste nie, maar die eerste. 

Ek was in die afgelope Junie/Julie vakansie bevoorreg genoeg om as lid van die NWU-PUK Koor oorsee te reis na Europa. Wat ‘n ongelooflike ervaring! Ons het soveel verskillende stede en dorpies besoek, almal van hulle absoluut wonderbaarlik vir ons Suid-Afrikaners… Die mere, die argitektuur, die mense, die kos, die leefstyl. Ek kan aan en aan praat oor al die wonderlike ervaringe en plekke. 

Maar tog, as ek dink daaroor, weet ek dadelik waar ek myself die meeste geniet het en waarheen ek so graag sal wil terugkeer…

En dit is Utrecht!

Nie Amsterdam, of Köln, of Lake Garda, of selfs Salzburg nie… Verbasend genoeg is dit Utrecht wat, as mens nou in Europese terme praat, redelik onindrukwekkend is. Ja, daar is ‘n mooi kerk en kanale deur die dorp, maar dit vind jy orals in Europa! 


Ek dink die rede vir my verlange na (en liefde vir) Utrecht is dat dit my eerste stukkie Europa was. Dit was my eerste ervaring van die Europese leefstyl, my eerste blootstelling aan die kultuur en lewenswyse van Europeërs. En dit was absoluut wonderlik. Om ‘n vriendin van my te parafraseer: ek sou sielsgelukkig wees om net vir die hele dag by ‘n koffiewinkel te sit en alles in te neem. Ek hoef nie rond te loop om alles te probeer inkry nie. Net sit…

Een van die ervarings wat ek wel ook daar gehad het, was om te verdwaal op pad terug bus toe. Ek en ‘n paar vriende/vriendinne het onsself heeltemal misgis met waar die bus was en ons was seker maklik ‘n uur laat (dit het ook die drie euro boete sisteem veroorsaak), maar tog het ek dit so baie geniet. Ek dink ek kan met veiligheid sê dat ons meer van Utrecht gesien het as enigiemand anders. En ek is ekstaties daaroor!

‘n Stukkie Kaas

Vandag tref die nostalgie my weereens. My ma kom by die huis aan met sy wat beskryf as “die lekkerste kaas wat ek nog ooit geproe het”. Ek is natuurlik gek oor kaas en besluit om self ondersoek in te stel… Ek gryp ‘n boks Cream Crackers uit die kas uit en gooi ‘n glasie wyn in vir myself en albei my ouers: wit vir my ma en bloedrooi vir my en my pa. 

Die kaas het geen etiket op nie en kom in ‘n gewone deursigtige plastieksakkie. ‘n Harde randjie kom voor aan twee kante van die kaas en die kaas self is ‘n melkerige wit kleur, soortgelyk aan mozzarella. Terwyl ek die wyn geskink het, het my ma reeds vir almal ‘n stukkie kaas gesny en op ‘n Cream Cracker geplaas. 

Toe vat ek daardie eerste happie.

En skielik is ek weer terug in Nederland… In Amsterdam, Utrecht en Groesbeek…

Voor my ma nog ‘n woord kan uitkry oor waar sy die kaas gekoop het, vra ek of dit by ‘n Hollander was, alhoewel ek reeds weet wat die antwoord gaan wees.

Die kaas het my in vervoering, die ryk smaak laat my dink aan die ontbyt wat elke oggend aan ons voorgelê is deur ons gasouers: eiers, brood, ham en hierdie kaas… Absolute vervoering! 

Dis wonderlik dat iets so eenvoudig jou kan laat terugdink aan sulke wonderlike tye. Hopelik is ek die volgende keer wat ek sulke kaas eet iewers in Holland, besig om die lewe te geniet!